Lyndikte beperking Bloemhofdam: Vrystaat Oewers

Goeie dag dames en here,

 

Ek verwys julle na die aankondiging van die besluit rakende die lyn dikte beperking by die Vrystaat oewers van Bloemhofdam.

 

Na aanleiding van ‘n versoek wat SAVOF se Dagbestuur gerig het aan DESTEA, is goedgunstiglik uitstel gegee aan die implementeringsdatum van die lyn dikte beperking. Die lyn dikte beperking sal slegs in werking tree op 1 April 2023.

 

As deel van die ooreenkoms wat aangegaan is met DESTEA se amptenaar, onderneem SAVOF of die Sloep se oewer vir ten minste 3 keer te “sleep” om die lyn obstruksies in die water te verwyder en te verminder. Die beplanning is om dit te doen gedurende die volgende maande:

 

Januarie 2022 – Dames Afdeling se komitee is die verantwoordelike persone

Augustus 2022 – Junior Afdeling se komitee is die verantwoordelike persone

Januarie 2023 – Senior Afdeling se komitee is die verantwoordelike persone

 

Die skoonmaak inisiatief sal beteken dat SAVOF weereens kostes sal moet aangaan om dit af te handel soos in die verlede.

 

Ons vertrou dat die verskillende afdelings ons sal steun om seker te maak dat die oewer hengelbaar sal wees vir die kampioenskappe wat daar gaan plaasvind.

 

Groete,

 

Andries Maree

Sekretaris

SAVOF