Hengelpermit Regulasie Bloemhofdam – Vrystaat Oewers

Goeie dag dames en here,

Ek verwys graag na die aanbied van alle kompetisies en hengel by Bloemhofdam – Vrystaat Oewers.

Na aanleiding van die lynbesoedeling wat bestaan by die  Bloemhofdam – Vrystaat Oewers (Sloep en Sandveld), het die Vrystaat DESTEA die besluit geneem dat daar op die kompetisie permitte wat uitgereik gaan word vanaf 1 Januarie 2022 ‘n bepaling tov die vislyn se diktes sal bevat. Die Vrystaat DESTEA beampte het my inkennis gestel van die besluit ten einde te verseker dat ons lede vroegtydig gewaarsku word.

Volgens die gesprek met die beampte sal die bepaling hierdie of soortgelyke bewoording bevat:

Geen hengelaar sal toegelaat word om met vislyn wat dunner is as 0.25mm te hengel by die oewer soos aangedui op hierdie permit. Oortreding van die regulasie sal tot onmiddellike verlating van die oewer lei. Die organiseerders van hierdie kompetisie is verantwoordelik vir die monitering van die regulasie deur die lyn se dikte te meet met die nodige meet instrument.

SAVOF onderneem om hierdie besluit wat geneem is deur die Departement te respekteer en dus sal alle kompetisies wat aangebied word by die Bloemhofdam – Vrystaat Oewers (Sloep en Sandveld) deur SAVOF, Provinsies, Klubs, Elite Series en Pro Mania vanaf 1 Januarie 2022 gehoor gee aan die lyndikte beperking.

Die SAVOF Dagbestuur versoek dus die Voorsitters en President van al die verskillende organisasies in SAVOF om hierdie boodskap oor te dra aan organiseerders en gashere aangesien daar vroeg in 2022 kompetisies en kampioenskappe by die Sloep gaan plaasvind.

Die SAVOF Dagbestuur versoek al die hengelaars om asb saam te werk met hierdie regulasie sodat ons die beskerming, voortbestaan en hengelbaarheid van ons natuurlike bronne kan verseker.

Groete,

Andries Maree

Sekretaris

SAVOF