Spanlyste vir deelname aan SAVOF Kampioenskappe en Toernooie

Goeie dag dames en here,

Soos wat julle bewus is, word dit vereis dat alle spanne wat beoog om deel te neem aan SAVOF Nasionale Kampioenskappe en Toernooie ‘n volledig voltooide spanlys moet indien by die betrokke beamptes/gasheer provinsie.

 

Hierdie prosedures is ingestel ten einde die volgende te kan doen:

Voltooiing van spanlede se data op die inweeg programme te kan afhandel.

Na sien van spanlede se persoonlike informasie en affiliasies.

Die beplanning vir lotings.

 

Tydens die pas afgelope Junior SA Kampioenskappe was daar ongelooflike probleme ervaar met die spanlyste wat ingedien was deur die provinsies se onderskeie spanbestuurders. Daar was probleme en foute op onder andere die volgende provinsies se spanlyste:

Noord Kaap

SNW

NOM

WP

VS

SG

GN

NW

 

Julle sal saamstem dat hierdie probleem die taak en funksies van die beamptes bemoeilik en feitlik onmoontlik maak.

Aangesien hierdie ‘n voorskrif is vir deelname, sal die Voorsitter van die Beampte Komitee, wanneer daar ‘n spanlys ingedien word en daar is ‘n probleem met die informasie op die spanlys, die betrokke spanbestuurder en die betrokke Provinsie/Vaste Komitee se Voorsitter/Sekretaris in kennis stel dat die inskrywing/deelname van die betrokke span tydelik opgeskort word vir 48uur word. Indien die betrokke Provinsie/Vaste Komitee se bestuur of die betrokke spanbestuur ingebreek bly om ‘n korrekte spanlys in te dien, sal die betrokke span se deelname aan die betrokke Kampioenskappe/Toernooi geweier word.

Dit is elke Provinsie/Vaste Komitee en spanbestuurder se verantwoordelikheid om die informasie/affiliasie van elke spanlid na te gaan voordat die spanlys ingedien word.

Daar word vertrou dat al die Provinsies en Vaste Komitees sal verseker dat alle spanbesture in die toekoms die voorskrif nakom.

 

Groete,

Andries Maree

Sekretaris

SAVOF