Goeie dag dames en here,
Ek vertrou dat die meeste van u reeds op vakansie is of net rustyd by die huis geniet.
Daar was tydens die SAVOF Spesiale Algemene Vergadering wat gehou was op 13 Desember 2021 ‘n versoek gerig deur die President van MPVOV tov die 2 oefendae vir die Senior SA Kampioenskappe van 2022. Na afloop van die versoek het die oor meerderheid van die Provinsiale Presidente hulle steun tot die versoek uitgespreek vir ‘n interim besluit om die toegewing te maak dat daar 2 amptelike oefendae vir die Senior Kampioenskappe 2022 sal wees.
Die SAVOF Dagbestuur het die aangeleentheid baie deeglik bespreek en die implikasies ondersoek en staan op ‘n “Ad Hoc” beginsel die versoek toe tot die SAVOF AJV 2022 om dan bespreek te word en finaal oor besluit te word.
Neem kennis dat hierdie toegewing slegs van toepassing is op die Seniors SA Kampioenskappe 2022.
Groete,
Andries Maree
Sekretaris
SAVOF