SAVOF Meester SA Kampioenskappe 2021

Goeie dag dames en here,

Soos wat julle bewus is, vind die Meesters SA Kampioenskappe hierdie jaar steeds op Streeks Basis plaas. Hiermee ‘n uiteensetting van die program vir die deelname:

 

    • Oefendag: 1 November 2021
    • Hengel Kampioenskappe Dae: 2 – 4 November 2021
    • Vertrek na huise: 5 November 2021

 

Julle is ook bewus dat die proewe vir die Meesters op ‘n latere datum sal plaasvind en die program wat versprei was, het nie hierdie saak aangespreek nie. Ten einde nie ‘n negatiewe invloed te hê op die verskillende gaste huise vir die bespreking van ‘n Vrydagaand se akkommodasie wat die naweek bespreking by die gastehuise negatief sal beïnvloed, is die datums nie aangeskuif nie.

Baie sterkte aan al die deelnemers en wees almal veilig en gesond asb.

Groete,

Andries Maree

Sekretaris

SAVOF