Oefendae Tydens SAVOF Toernooie en Kampioenskappe

Goeie dag dames en here,

 

Ek verwys graag na die aspek rakende die hengel oefendae voor die deelname aan SAVOF Oewerhengel Toernooie en Oewerhengel SA Kampioenskappe.

 

Tydens die pas afgelope Junior Afdeling se AJV 2021, was daar deur die vergadering besluit dat daar slegs 1 oefendag sal wees voor die Junior Nasionale Kampioenskappe in 2022.

 

Na afloop van die gesprek deur die Provinsiale Presidente en die SAVOF Dagbestuur, is daar deur die SAVOF Dagbestuur voorwaardelik besluit dat daar 2 hengel oefendae voor die deelname aan alle SAVOF Oewerhengel Toernooie en Oewerhengel SA Kampioenskappe vir 2022 sal wees.

 

Die oefendae aspek sal steeds tydens die SAVOF AJV bespreek word ter finalisering van die pad vorentoe.

 

Die besluit is deur die Dagbestuur gemaak om die deelnemers en organiseerders van die SAVOF Toernooie en SA Kampioenskappe van 2022 in staat te stel om beplanning en besprekings te kan finaliseer. Uit die aard van die saak kan die besluit die SAVOF kalender beïnvloed. Daar sal gedurende volgende week ‘n nuwe weergawe van die kalender versprei word indien dit noodsaaklik is.

 

Ons vertrou dat hierdie epos die onduidelikhede tov die aspek sal opklaar.

 

Groete,

 

Andries Maree

Sekretaris

SAVOF