Alle Tvl Kampioenskappe 2021

Goeie dag dames en here,

Tydens ‘n vergadering wat plaasgevind het met die Provinsiale Presidente en die Dagbestuur gedurende verlede week, het die Provinsiale Presidente wat betrokke is by die Alle Tvl Kampioenskappe besluit om die volgende Kampioenskappe vir 2021 te kanselleer:

    1. Meesters Alle Tvl Kampioenskappe
    2. Juniors Alle Tvl Kampioenskappe

Die besluit was gebaseer op die volgende aspekte:

    1. Die kostes vir die een dag se deelname.
    2. Die feit dat die spanbesture nie by die dag betrokke kan wees nie.
    3. Die feit dat die hengelaars een-een op ‘n pen hengel.
    4. Die feit dat die spanne nie die geleentheid kan benut om spanne te “bou” tydens die geleentheid nie weens die aard van uitvoering.

Die provinsies word versoek om al die hengelaars in kennis te stel.

Groete,

Andries Maree

Sekretaris

SAVOF